Beeld By
Wié se Afrikaans?
      <description>Hy dink Afrikaanses se gewroeg oor die omstrede talewet is onnodig en sê hy is nie “krampagtig” oor die toekoms van Afrikaans nie. Die vraag waarmee Danny Titus eerder worstel, vertel hy aan SCHALK SCHOOMBIE, is: Hoekom bly die taaldebat wit – wat dan van die bruin stem?</description>
’n Wil wat so vas soos ’n klipsteen staan
      <description>Die splinternuwe Springbok-afrigter, HEYNEKE MEYER, erken hy bestee te veel geld aan inspirerende motiveringsboeke en glo die beste staal gaan deur die warmste vuur. En wanneer hy in die maande vorentoe nié langs die rugbyveld is nie, moet jy maar weet hy’s op die plaas.</description>
Caliban se  eilandbiblioteek
      <description>Nelson Mandela het Julius Caesar gekies, Govan Mbeki Twelfth Night. Jare lank het Shakespeare se versamelde werke, en veral een kopie van dié boek, die gevangenes op Robbeneiland vertroos en onderhou, vertel Ashwin Desai, die skrywer van ’n nuwe boek oor dié geskiedenis.</description>
Rock  ’n  resessie
      <description>Toe Brendon Shields elke sent in die resessie verloor, het dié Vrystater besluit daar’s net een uitweg: Hy moet maar ’n rock-ster word. Die sanger het DANIE MARAIS vertel van swaarkry, die herlewing van drome en die dag toe Sinéad O’Connor syne sou word.</description>
Janus  doen die ‘Super Circuit’
      <description>Januarie is verby, maar die voornemens sal nog ’n rukkie bly: 1. Gesond eet; 2. Gewig verloor; 3. Oefen. Hoe word ons geloof in die mite van ’n nuwe begin deur bemarkers met ’n neus vir wins gemanipuleer? LOFTUS MARAIS doen ondersoek.</description>
Por favor,  is jy familie?
      <description>Wat word van ’n kultuur wanneer dit in die vreemde moet aanpas? ELEANOR LOMBARDhet in Patagonië gaan soek na die nasate van die Afrikaanse boere wat ná die Anglo-Boereoorlog na Argentinië getrek het. Sy het haar verwonder aan die raakpunte (vetkoek en boerebrood, maar geen biltong!) – en aan die afstand wat tóg ingetree het.</description>
Eerder Retief Goosen as Ernie Els
      <description>Igugu is die held van die oomblik nadat dié perd verlede naweek die J&B Met gewen het. Maar dít is nog niks: Pocket Power kon dit drie keer op ’n streep doen. DANIE MARAIS het dié afgetrede hings besoek en gevind dat selfs die mees temperamentele kampioen in sy oudag ’n sentimentele kyk in die oë kan kry.</description>
6 dekades as 'n simbool
      <description>Oormôre vier koningin Elizabeth II presies 60 jaar op die troon. Onder haar is die Britse Ryk weggekalwe en is die monargie gedwing om te wys dit is ook net menslik. Het haar gewildheid dalk die eintlike kwesbaarheid van ’n verouderde instelling verbloem? vra ANDRÉ PRETORIUS.</description>
Die briewe van Thomas Pringle
      <description>Thomas Pringle, een van die kampvegters vir die opheffing van slawerny in die Britse Ryk, was in 1820 die leier van die enigste Skotse groep Britse Setlaars in die Oos-Kaap. MARTIENS VAN BARTvertel wat sy Kaapse briewe, wat pas gepubliseer is, onthul.</description>
Op reis met my pa
      <description>Uys Krige sou vandag verjaar het as hy nog geleef het. In November 1959, ’n paar jaar nadat die skrywer tydens die Tweede Wêreldoorlog in Italië as krygsgevangene aangehou is, het hy en sy dogter saam deur dié land gereis.EULALIA KRIGE onthou weer daardie reis saam met haar pa.</description>
Dr. Witboy, sielkundige manipuleerder en kulturele internis
      <description>Op eie bodem werk Deon Maas aan die tweede reeks van Fortuinsoekers, die bemarking van sy 
dokkie Punk in Africa en sy opvolg op die boek Witboy in Afrika. Maar die kennis en staaltjies wat hierin neerslag vind, kom van iewers waar ’n mens ’n reksprong in die chaos moet waag, het hy vir DANIE MARAIS gesê.</description>
‘Ek het wat ek wou hê’
      <description>Sy was op haar gelukkigste in Oostenryk, verwyl die ledige ure die graagste met blokkiesraaisels en wil tog net nie verveel word nie – daarvoor is sy te rusteloos en ongeduldig. Die gevierde sopraan MIMI COERTSE maak vanjaar in haar 80ste lewensjaar haar rolprentdebuut.</description>
Wat kyk jy?
      <description>Sy is wit en haar vriend is swart. Maar die reaksie wat Carien du Plessis kry wanneer hulle saam uitgaan, is nie naastenby so heftig soos dié op ’n advertensie wat vandeesweek vir ’n herrie gesorg het nie. Hoekom draai die koppe steeds oor swart-wit-liefde? Of onderskat die plakkaat ons tog?</description>
Om te sterf vir jou Kiez
      <description>In die jaar sedert Berlynse jeugdiges in opstand teen gentrifikasie gekom het, het protes teen al die -ismes (kapitalisme, kommersialisme en ook materialisme) oor die wêreld heen versprei. Ná ’n besoek aan Berlyn vra RENTIA BARTLETT: Word anti-alles nie maar net nog ’n handelsmerk nie?</description>
Pres. Tweede Prys?
      <description>Romney die belastingontduiker en Gingrich die vroueverneuker – is hulle die Republikeine se beste opsies? Terwyl die stryd om die opposisie se troon in Amerika al warmer word, wonder DEON LAMPRECHT: Gaan dié generiese kroonprinse die koning uit die Withuis kan dwing?</description>
Herinneringe  wat ’n stad nie kan afskud nie
      <description>Noem die naam “Herman Charles Bosman” en die meeste mense dink: Groot Marico. Maar dit is eintlik in Johannesburg waar dié skrywer se spore lê. Die skrywer van ’n nuwe Bosman-gids het KIRBY VAN DER MERWE vergesel na al die stadsbakens waar Bosman geleef, geskryf, gewandel en gesterf het. MARY-ANN PALMER het die foto’s geneem.</description>
Hoekom ek  geskep is
      <description>Sy was ongeletterd, het ’n wilde lewe gelei en het gedink skrif lyk soos voëls se spore in die sand, maar die werk van die Naro-kunstenaar Dada is van Japan tot Amerika uitgestal. ANIM VAN WY het in Botswana met twee vroue gesels wat dié pionier se kuns in hardeband verewig het.</description>
Op soek na Igor Bratoes
      <description>Afrikaans het ’n vastrapplek in Rusland gevind toe ’n Russiese nederlandikus dit in Sint Petersburg gevestig het. Maar nadat prof. Igor Bratoes ook ’n Russies-Afrikaanse woordeboek opgestel het, het hy die taal vaarwel geroep. TERTIUS KAPP het sy spoor deur die Balkanstate gevolg.</description>
‘Aan Somerset-Oos, aan Suid-Afrika en aan die wêreld...’
      <description>’n Keur uit die kunsversameling van die Walter Battiss-kunsmuseum in Somerset-Oos is in Februarie te sien by die Suidoosterfees in Kaapstad. MARTIENS VAN BART vertel meer oor dié moderne kunstenaar, sy Oos-Kaapse wortels en die invloed wat die Boesmans op sy werk gehad het.</description>
Miles Davis se Polokwane & Mbeki se On the Corner
      <description>Selfs diegene wat gekritiseer, verag en gespot word, maak later soms ’n comeback. Want in retrospek lyk dit soms of ’n resensie eerder vier as twee sterre moes gegee het, skryf CHARLES LEONARD.</description>